Wil jy skei?

Die hele wêreld is besig om Valentynsdag plannetjies te beraam... Die hartjies en beertjies en oulike sjokoladetjies orals waar jy kyk... Maar jy deel nie hul opgewondenheid op hierdie stadium nie... Jou huwelik is nie op 'n goeie plek nie, en jy wil eerder wegkruip en Maart-maand weer probeer... Dan is hierdie artikel vir jou!

'n Boodskap van seerkry, en die pad na hoop en herstel...

Ek was letterlik naar  toe ek die WhatsApp van my man af lees. “Is hierdie waar?” 

Die geheim wat ek weggesteek het vir meer as 5 jaar en waaroor my gesondheid agteruit begin gaan het, het met swart letters op die selfoon skerm gestaan. Sy vrou het uitgevind en my man laat weet.

Dit was waar. Ek het nie geweet wat sou volg nie. Dit het net pikdonker geword om my.

Hoe ons hier gekom het het ek glad nie geweet nie. Ons is uitbundig lief vir mekaar, was nog altyd en het geen begeerte gehad om mekaar te los nie. En tog is dit die tweede keer dat ons op ‘n plek beland van ‘n donker gat met ‘n onseker toekoms. Ons gaan weer voor mekaar staan met die vraag “Wil jy skei?”.

Die eerste keer was 5 jaar gelede en die rolle was toe omgeruil. Hy het geswig voor versoekings van iemand wat hom verseker het daar is niemand soos hy nie. Die verwerping wat hy diep in sy binneste ervaar het uit sy kinderjare, en die huidige krisis by sy besigheid het ewe skielik ligter gevoel. Sy het dit met haar soet woorde kom wegpraat. By ons huis het ons kop bo water probeer hou met jong kindertjies en baie rekeninge. Maar dit was nie ‘n slegte tyd nie. Ons het kerk toe gegaan en gebraai. Ons was bymekaar. Ek het geweet alles is nie perfek nie, maar niks kon my voorberei dat dit eintlik êrens in die liefde van my se hart glad nie goed gegaan het nie. Tot op die dag wat die waarheid uitgekom het. Dit ruk jou tot ‘n nare werklikheid wat moeilik is om te beskryf. Elke lugkasteel en droom van julle gesin se toekoms lê stukkend voor jou oë. Soos ‘n klip deur ‘n venster. In ‘n oomblik lê die glasstukke oral en dit sny jou hart aan’t flarde.

Om deur die konfrontasie te kom en by ‘n plek van ons gaan aangaan is iets wat ek niemand toewens nie. Ek het gesê ek sal bly as hy my wil hê, maar ek sou nie tweedebeste wees nie. Hy’t my gekies. En toe moes ek deur die proses werk om hom te bly kies.

Berading en baie trane. Toesmeer van seerkry en aangaan. Dit was moeilik. En later beter tot by goed en weer gelukkig. Ons was dankbaar vir ‘n tweede kans.

En toe ses jaar later sê iemand vir my ek is goed genoeg. Hy sou nooit iemand bo my verkies het nie. Dis vreemd hoe woorde kan streel en dan steel. Die verligting dat jou huwelik gehou het, het nie die seer van verwerping weggevat nie. Ons is deur die trauma, deur die oorlog maar ons het nooit genesing by Jesus gekry nie. En die duiwel het vatplek gehad.

Ek het nie bly staan teen die versoekings nie, maar geval en deel geword van iets wat my tot vandag toe nog walg. Hoe kon ek? Hoe kon ons altwee?

Dit was nog ‘n donker vallei. Nog ‘n onmoontlike seer. Nog lang nagte. Baie trane. Verwerping in oortreffende trap. Glasstukke oral.

En toe op ‘n Sondagoggend breek die lig deur en kry my man Woord wat ons huwelik begin herstel – “Ek maak jou ‘n skerp dorsslee, ‘n nuwe met baie tande; jy sal berge dors en fynmaal, jy sal van rante kaf maak. Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegwaai, die stormwind sal hulle verstrooi; dan sal jy jubel in die Here, jy sal roem in die Heilige van Israel.” Dis vreemd dat dit so baie vir ons beteken het, maar die Heilige Gees het dit oopgebreek. God gaan ons nuut maak en gebruik in Sy koninkryk.

Hierdie keer het ons werklik tot berou en bekering gekom. Ons is albei gedoop. Ons het ons troubeloftes hernu. Ons het ‘n besluit vir mekaar en vir ons huwelik gemaak en ons het begin werk aan ons huwelik. Elke dag. Ons het geleer en gedoen. Ons het gegroei. Ons het Jesus aanbid en Hom begin eer met ons huwelik. Hy het ons genees.

Ons het ons huwelik intensioneel geleef. Auto pilot was af. Ons het ook elkeen prioriteit gemaak van ons verhouding met die Here en hoe nader ons aan Hom gekom het, hoe nader het ons aan mekaar gegroei.

Dis vandag al 20 jaar na die laaste groot krisis. Dis belangrik vir jou om dit te weet. Ons is deur die toets van tyd. En in genade is ons huwelik sterker as ooit.

Ons is werklik gelukkig getroud en sal mekaar oor en oor, weer en weer kies. Ons is lief vir mekaar en leef die lewe feestelik saam. Die foute was simpel en besonders dom. Weet dit – daar is geen verskoning vir ontrouheid nie. Daar is niks in jou verlede, hede of omstandighede wat dit kan regverdig nie. Dis verkeerd. Bly weg van enige situasie of mense wat enigsins jou huwelik kan bedreig. Ons kon deur God se genade bly staan deur die storms. Ons is so bly, so dankbaar en gee Hom al die eer.

Ons lewens, ons lesse, ons paadjie was die inspirasie vir die huweliksbediening waarin ons werk, en as medewerkers van INTIEM, het ons ‘n groot bydrae gelewer vir die bymekaar sit van die program Ek en Jy (www.ekenjy.net).

Hier is hoekom dit vir ons werk en hoekom ons weet dit vir julle sal werk:

1. Die program se fondasie is die Here. Daar is niks en niemand anders by wie julle genesing en groei sal vind nie. Net Jesus kan julle en julle huwelik red. Dit moet by Hom begin. Om julle te ondersteun in die proses is daar elke dag ‘n Doudruppel wat julle sal help om saam by die Here se voete te sit.

2. En dan is daar die resep, die metode, die geheim van ‘n gelukkige huwelik. Die elemente wat jou huwelik laat groei en groei – dit is ‘n fyn samestelling. Moet glad nie oorweldig voel as jy daarna kyk nie – volg net die metode. Dit is inderwaarheid ‘n opsomming van goeie gewoontes van julle tyd en hoe julle mekaar moet hanteer. Dit gee julle ‘n intensionele, gesonde en gelukkige huwelik. Dit is haalbaar en moontlik, al is julle besig - die elemente is maklik om te volg:

a. Daaglikse gewoontes – ons help julle om julle ding te kry. Een van ons s’n is koffie saam in die oggend met Youversion en dan beurte maak om te bid. Dit vat 10 minute, maar die gewoonte hou ons huwelik geanker in Jesus. Daar is nog voorbeelde waarvan julle sal hou in die program.

b. ‘n Spesiale afspraak – die bekende datenight – hoekom julle dit moet doen en hoe om dit aan te pak vir uitstekende resultate. Daar is tot ‘n resep elke maand. En wegbreekplekke want elke af en toe is dit belangrik dat die afspraak veel langer is as net ‘n aand. Ons wys elke maand 10 romantiese wegbreekplekke in Suid-Afrika.

c. Liefde en Respek – die twee goue sleutels. Wat het vrouens die nodigste en waarna smag mans? Plus, hoe om dit prakties te leef.

d. Kommunikasie – hierdie een is ‘n game changer. Goeie kommunikasie tegnieke en maniere om konflik op te los is broodnodig vir elke huwelik. Ons leer elke dag om dit beter te doen. Julle gaan deur enige probleem kan praat en boonop gaan julle elke-dag kuiers net lekkerder en beter wees.

e. Seks. Jip. Ons praat daaroor. Alles van lae libido tot vuurwarm wenke. Hierdie is ‘n geskenk van God in ons huwelik en ‘n Bybelse opdrag. Dis okay om dit te geniet en ‘n belangrike deel van julle huwelik.

f. Jy. Jou eie welstand en om te weet wie jy is, word stap vir stap bespreek deur ‘n selfsorg artikel en ‘n toets om nog ‘n bietjie van jouself en jou maat te ontdek. Jou maat kan jou nie gelukkig maak nie. Jy gaan dit in jouself moet vind by Jesus. Ons help jou. Jy is belangrik.

3. As jy net punt 1 en 2 elke maand doen, kan ons amper waarborg dat saam oudword op die stoep ‘n mooi prentjie en verwagting vir julle kan wees. Maar vir die wat nog meer wil weet en leer is daar ‘n MasterClass! Dit is INTIEM se bekende Marriage Capsule kursus wat nou in Afrikaans aangebied word. En nie net dit nie – ons gee ook vir jou links na podcasts oor die huwelik waar INTIEM Redakteur Liezel van der Merwe by GrootFM ‘n hele paar moeilike huweliksvrae hanteer en inspirasie artikels bespreek.

4. Liezel van der Merwe en haar man, Nico, pak hierdie reis saam met julle aan. Hulle gesels op videos en help paartjies om ‘n dieper verstaan en betekenis in hulle huwelik te kry. Na byna 30 jaar se huwelik is hulle getuienis sterker as ooit.

5. Kyk ook uit vir bonus elemente soos Ek en Jy Wyn Labels en ‘Do not Disturb’ tekens!

Ek staan eintlik voor jou en vra - doen hierdie vir jou huwelik.

En as jy nie hierdie doen nie, kies iets anders.

Julle huwelik is nie net belangrik vir julle nie, dit maak saak vir julle kinders en hulle kinders. Wees ‘n generasie wat seën. Wat glo in die verbond wat sê – ons bly, gee nie om wat nie. Skei is nie ‘n opsie vir ons nie. Julle huwelik is ‘n geskenk van God. Daar is tweede kanse. Daar is oplossings.
Kies om te bly ja sê vir julle huwelik. Kies ‘n gelukkige huwelik – die lewe moet in oorvloed geleef word.

Hier is wat die Ek en Jy Plan alles insluit:

www.ekenjy.net bestaan uit 7 hoofafdelings:

1. Oorsig van die Maand

Ons vertel jou wat jy van elke maand kan verwag in jou plan vir daardie maand.

2. Geestelike Plan

Ons gee vir jou 30 kort dagstukkies, een vir elke dag. Lees dit daagliks gou saam met jou maat… ‘n driedubbele tou breek nie maklik nie!

3. Masterclass

Kom leer saam en groei saam met interessante onderwerpe.

4. Podcasts

INTIEM se gewildste radio onderhoude, spesifiek uitgesoek om elke maand se plan te komplementeer.

5. Storietyd

‘n Geselsie met Liezel (Besturende Redakteur van INTIEM) en haar man Nico. Kom ontdek geheime van ‘n huwelik wat al 30 jaar hou…

6. Bonusse

Interessante lekkertes, links en idees.
Onderhoude met kenners en bekendes.

7. DIE EK EN JY MAANDPLAN

Ek ek jy Maandplan – hierdie is jou PLAN vir die maand, en bevat die volgende afdelings:

7.1) Elke dag oomblikke

Gewoontes en idees vir elke dag. Hierdie gaan ‘n daadwerklike verskil in jou huwelik maak!

7.2) Date Nights

Ons haal die dinkwerk uit date nights. Daar is iets vir elkeen, en glo ons, dis nie “arm en ‘n been” tipe idees nie. Dis lekker en haalbaar!

7.3) Feestyd

Kom kook saam… van die kombuis tot in die slaapkamer met die heerlikste resepte! Ons help jou stap vir stap.

7.4) Wegbreekplanne

Ontdek Suid Afrika se mees romantiese plekke… Ons gaan snuffel hulle vir jou uit en deel ook ons eie ervarings!

7.5) Katjierie

Sensueel en seksueel… bedpret! Ons sê dit soos dit is en deel witwarm wenke.

7.6) Kommunikasie

Elke maand deel ons wenke wat goud werd is. Leer om reg te gesels en mekaar regtig te hoor!

7.7) Kom vind uit

Van temperamente tot liefdestale, ons doen elke maand ‘n lekker toetsie!

7.8) Respek en liefde

Mans soek respek, vrouens soek liefde. Ons leer jou hoe om hierdie kringloop reg te hanteer! Verstaan hierdie reg en jy gaan ‘n BAIE gelukkige maat in die huis hê!

7.9) Selfsorg en groei

Selfsorg en groei – want ‘n gesonde JY lei tot ‘n gesonde huwelik.

Ek en Jy is nie net vir mense wat voel hulle het probleme in hulle huwelike nie. GLAD nie! Dis vir almal wat regtig net saam met INTIEM ‘n visie deel om sterker, lekkerder, gesonder huwelike te hê. Jy diens mos nie jou motor eers as hy breek nie… jy diens hom sodat hy nie breek nie! Is jou huwelik nie veel meer werd as jou motor nie? Diens hom sommer van vandag af! www.ekenjy.net is die lekkerste diensplan tans op die mark…

Ons het genoem dat Ek en Jy deur INTIEM saamgestel is… Wie of wat is INTIEM?

  • Van 2006 tot 2018 publiseer INTIEM meer as 100 tydskrifte vir die getroude paartjie met van Suid Afrika se bekendste glanspaartjies op die voorblad.
  • ​In die tyd het INTIEM ook 5 romantiese bootreise vir paartjies gereel, 6 jaar in ry SA Huweliksweek in Suid Afrika gedryf (dis deel van Internasionale Huweliksweek wat regoor die wêreld gevier word!) en meer as 20 couples oggende vanaf Pretoria tot in Kaap aangebied.
  • ​In 2018 maak INTIEM die besluit om 100% digitaal te gaan – die tydskrif word nie meer gedruk nie, en alle inhoud word gratis op intiem.co.za beskikbaar gestel.
  • ​INTIEM werk saam met kundiges regoor Suid Afrika – kenners wat al van die begin af met ons hande gevat het, en steeds ‘n pad saam loop.
  • ​In 2024 is Liezel van der Merwe, Redakteur van INTIEM steeds maandeliks op Groot FM, Pretora FM, en Radio Kansel, om oor INTIEM en huwelike te gesels.
  • ​Die INTIEM liefdesbrug (soortgelyk aan die liefdesbrug in Parys) staan steeds by Magnolia Dal in Pretoria en duisende paartjies het al hul slotte daar gaan hang as ewige simbool van hul liefde.
  • ​Meer as 200 000 Facebook fans kuier daagliks saam met ons en ons website kry so gemiddeld 60 000 tot 80 000 besoekers per maand...

Registrasie / Kostes:

Moenie langer uitstel nie! Teken vandag in en kry dadelik toegang!

Ons maak gebruik van Payfast, een van Suid Afrika se beste en veiligste betaalportale, so jy hoef glad nie bekommerd te wees dat daar ‘n risiko aan verbonde is nie.

Wanneer jy belê in Ek en Jy, gaan hierdie vir jou waar word:

  • n Gesonde huwelik is ‘n lekker plek om te wees!
  • ​Jou maat gaan daar wees om jou te vang wanneer jy val.
  • ​Jy lê nie alleen in die winter nie, jy kry nie koud nie.
  • ​Jy kan jou lewe met iemand deel en ‘n gesin bou.
  • ​Jy gaan dinge ervaar wat jy nooit op jou eie sal ervaar nie.
  • ​Jy het die voorreg om ‘n getuie vir iemand anders se lewe te wees.
  • ​Jy stap ‘n pad van heiligmaking en groei.
  • Jy leef ‘n 1 Korintiers 13 huwelik.
  • ​Jy gaan ‘n lofoffer aan God leef, want huwelik en verbond is Sy plan!
  • ​Jou gaan sommer net 500% lekkerder leef.
  • ​Jou kinders gaan gelukkig en veilig wees.
  • ​Al gaan dit nie altyd goed met jou nie, het jy ALTYD iemand in jou span!

Dis INTIEM op ‘n vlak wat jy nog nooit gesien het nie… Dis Ek en Jy! Dis hier, dis opwindend, dis anders, dis lekker!

Sê JA VIR ‘N GESONDE HUWELIK. Sê JA VIR ‘N LEKKER HUWELIK! Sê JA OMDAT JY OMGEE VIR JOU HUWELIK EN VIR JOU KINDERS EN VIR JOU FAMILIE…

Sê JA VIR www.ekenjy.net… WANT IN ‘N WêRELD VAN ONSEKERHEID, TWIS EN PYN, IS DIT NET EK EN JY TEEN DIE RES VAN DIE WêRELD!

Normale tarief: R950
Valentynsdag aanbod: R399 vir lewenslange toegang tot al 6 stappe!

Powered By ClickFunnels.com